Seksuele opwekking

’n Erotiese illustrasie deur die 18de-eeuse Russiese kunstenaar Konstantin Somof.

Seksuele opwekking of seksuele opwinding is die opwekking van die geslagsdrang tydens of in afwagting van seks. ’n Paar fisiologiese reaksies vind in die liggaam en gees plaas as voorbereiding van die seksdaad en duur voort tydens seks. Manlike opwekking sal lei tot ’n ereksie en by vroue lei opwekking tot geswolle weefsel soos in die tepels, vulva, klitoris en vaginale wande, asook tot vaginale smering. Geestelike en liggaamlike prikkelings en die inwendige skommeling van hormone kan seksuele opwekking beïnvloed.

Seksuele opwekking het verskeie stadiums en hoef nie noodwendig tot seksuele aktiwiteit te lei nie. As daar genoeg seksuele prikkeling is, bereik seksuele opwekking sy klimaks tydens ’n orgasme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search